Monday, 04 June 2007

Tshwane billing chaos

The Tshwane Metro Council this week adopted a motion allowing for a moratorium on the termination of services whenever a dispute arises between a resident and the municipality concerning a resident’s utility account.

Democratic Alliance Councillor Janho Engelbrecht, who proposed the motion, said it would assist thousands of residents who are being threatened with electricity cut-offs despite making regular payments on their accounts. “The motion places a moratorium on the termination of services supplied by the municipality, provided that the affected resident continues to make minimum payments based on the average municipal account of the three months preceding any dispute with the Municipality.”

Engelbrecht said that a DA investigation had also revealed that the municipality did not have a promulgated Debt Collection policy in place. This is contrary to provisions of the Municipal Systems Act, which requires a municipal council to have both debt collection and credit control policies.

“This amounts to the Municipal authority acting ultra vires in respect of its clients. It is our responsibility to rectify the situation by making sure that officials abide by the law,” Engelbrecht said.

The DA offers its assistance to residents who whish to declare a dispute in terms of their municipal accounts. Residents need to:

Write a letter wherein a dispute with the Municipality relating to outstanding money is declared wherein they should state their name, residential address, municipal account number and a contact number.
The nature and extent of the dispute should be stated clearly.
Residents should also calculate the average of the previous three months’ accounts received, which must be paid to the Municipality every month until the dispute is resolved.
This signed letter should be faxed to the DA caucus offices in Munitoria (fax number 012 358 7808) and marked for the attention of the Municipal Manager. Residents will receive written confirmation that their letters have been received.

Munisipale rekeninge Chaos

Die Tshwane-metroraad het tydens ‘n raadsvergadering dié week ‘n mosie aanvaar vir ‘n moratorium op die afsny van water en ligte sodra ‘n dispuut tussen ‘n inwoner en die munisipaliteit rakende diensterekeninge ontstaan.

DA-Raadslid Janho Engelbrecht, wat die mosie voorgestel het, sê dit sal duisende inwoners help wat met die afsny van krag gedreig word ten spyte van getroue betalings op hul rekeninge. “Die mosie plaas ‘n moratorium op die afsny van water en ligte, op voorwaarde dat die geaffekteerde inwoner steeds minimum betalings maak gebaseer op die gemiddelde maandelikse munisipale rekening wat die inwoner in die laaste drie maande, voor die dispuut met die munisipaliteit, ontvang het.

Engelbrecht sê ‘n DA ondersoek het ook aan die lig gebring dat die munisipaliteit nie ‘n gepromulgeerde skuldinvorderingsbeleid in plek het nie. Dit is in teenstelling met die bepalinge van die Wet op Munisipale Sisteme, wat vereis dat ‘n munisipaliteit beide ‘n kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid implementeer.

“Dít beteken dat die munisipale owerheid ongewettig optree teenoor sy kliënte. Dit is ons verantwoordelikheid om hierdie situasie reg te stel en seker te maak dat amptenare binne die wet optree,” het Engelbrecht gesê.

Die DA bied sy hulp aan inwoners wat ‘n dispuut in terme van hul munisipale diensterekening wil verklaar. Inwoners moet die volgende doen:

Skryf ‘n brief waarin ‘n dispuut met die munisipaliteit rakende uitstaande geld verklaar word. Inwoners moet hul naam, woonadres, munisipale rekeningnommer en ‘n kontaknommer voorsien.
Die aard en omvang van die dispuut moet duidelik wees.
Inwoners moet ook die gemiddelde bedrag van die laaste drie maande se rekeninge bereken, en dié bedrag maandeliks aan die munisipaliteit betaal totdat die dispuut uitgeklaar is.
Die getekende brief moet na die DA se koukuskantoor in Munitoria (faks no 012 358 7808) gefaks en vir die Munisipale Bestuurder se aandag gemerk word. Inwoners sal skriftelik in kennis gestel word dat hul briewe ontvang is

Tshwane Gateway Features

Hierdie is net nog ‘n voorbeeld van prioriteite in hierdie Raad wat nie op die regte plekke lê nie. Ons mense in Mamelodi brand raadskantore af, die mense in Hammanskraal is in opstand. Die rede daarvoor is, soos ek uit die pers verneem, die gebrek aan dienslewering, verbreekte beloftes en ‘n algemene gevoel onder die mense van wanhoop. Ek vind die oorverdowende stilte vanuit ons agbare Burgemeester se kantoor oor die verloop van sake teleurstellend en grensend aan skandalig. Haar stilswye spreek boekdele.

Nou wil ons R25 000 000.00 spandeer, nie aan projekte om die lewenskwaliteit van ons mense te verbeter nie, maar aan naamborde om mense in die “Stad Tshwane” te verwelkom, nie dat ek bewus is van die bestaan van so ‘n plek nie, maar kom ons laat dit daar. Ek is seker dat Pallo Jordan ons agbare Burgemeester weldrae sal meedeel dat dit eintlik sy verantwoordelikheid is om daardie besluit te neem en defnitief nie hare nie.

Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, die voorstellings in die verslag is baie mooi en indien ons ‘n ryk stad was sou dit seker in orde gewees het om geld aan so iets te spandeer. Ek lees in die verslag dat dit die die inwoners van die stad trots sal maak, dit is belaglik, hoe kan enige persoon ‘n gevoel van trots koester met ‘n lee maag, geen werk en geen geld nie. Die 18m hoe pilare wat opgerig gaan word gaan glo met alluminium bedek word, wat ek graag wil weet is of daar begroot is vir wagte om die goed op te pas. Die rede waarom ek dit vra is omdat alluminium nogal ‘n gesogte metaal by skrootwerwe is, die honger, maar trotse inwoners van ons stad kan dalk ‘n paar rand kry vir die alluminium om bietjie kos te koop.

Ek is doodseker dat die projek eintlik gemik is op die Sokker Wêreldbeker, dit is als goed en wel. Ons moet net sorg dat ons nie in die proses fokus verloor en ons oë van die bal afhaal nie. As ons dit toelaat gaan armoede en gebrekkige dienslewering ‘n doel teen ons aanteken en kan ons dalk die wedstryd verloor. Ons sal verantwoording daarvoor moet doen vir nog baie jare, lank nadat die sokkerspelende wêreld ons stad verlaat het, en ons met massiewe finansiele skuld agter gelaat het.

We should not rub salt into the wounds of our already disenchanted residents. They deserve better, as a case in point allow me to ask ANC Councillors, and in particular our esteemed mayor if they recognize the following phrase, “free basic services for all” If they don’t allow me to refresh their memories, it comes from the ANC 2006 Local Government Election Manifesto and is included in the mayoral 5 year plan.
During the Budget meeting the ANC and our Mayor decided to break that promise by taking away free basic services from all the people, granting it only to registered indigents in our city. For the more wealthy residents this is not a problem but, for those that fall just outside the definition of an indigent, it will have a detrimental effect on their quality of life. If that is not bad enough, we now want to spend this exuberant amount on gateway features. It reflects very badly on our commitment to alleviate poverty in our city and morally it would be the wrong thing to do.

TSHWANE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSPLAN

Dié plan beoog om, eerstens die behuisingstekort wat tans ondervind word aan te spreek en tweedens, om die ongekende verstedelikking te bestuur.

Die huidige feite is dat daar ‘n behuisingstekort van 170 000 eenhede bestaan en dat, teen die huidige tempo van verstedelikking, daar meer as 77 000 huishoudings hierheen sal verhuis tot en met 2011. ‘n Verdere feit is dat die Metroraad onder geweldige finansiële druk verkeer. Dit is die feite en daaraan kan nie verander word nie.

Binne die gevestigde woonbuurtes van Pretoria is daar 1801 hektaar ongebruikte munisipale en/of staatsgrond. Daar bestaan ook ‘n grooter wordende probleem wat plakkers en sluipslapers aanbetref. Wetgewing bepaal dat indien ‘n plakker vir 48 uur of langer op enige gegewe stuk grond plak, hy of sy slegs deur middel van ‘n hofbevel van die grond afgesit kan word. Die proses kan soms jare lank voort sleep en dit is ‘n baie duur proses. Indien hierdie grond nie d.m.v. ‘n geordende en beheerde proses ontwikkel word nie, sal die bestaande plakker probleem baie erger word. Indien dit gebeur sal eiendomswaardes in die geaffekteerde areas sonder twyfel negatief beinvloed word.

Dit is nie in die Metroraad se belang om d.m.v. die ontwikkelingsplan eiendomspryse in gevestigde woonbuurtes te laat daal nie, dit sal die belastingbasis verklein en verdere druk om die stad se finansies plaas.

Daar is twee wyses waarop opposisie partye hierdie plan kan benader nl. Konfrontasioneel, d.w.s. dit word vanuit die staanspoor verwerp en inwoners word gevra om hul misnoë d.m.v. verskeie aksies aan die Metroraad te toon.

Die tweede manier is om op ‘n positiewe wyse te reageer en sodoende invloed in die uitvoering van plan te hê. Dit maak nie saak hoe opposisie partye optree nie, die plan sal goed gekeur en geimplimenteer word. Die besluit wat geneem moet word is of opposisie partye invloed in die implimentering daarvan wil hê of nie.

Die Vryheids Front het die eerste opsie gekies, gelukkig is dit ‘n baie klein parytjie met beperkte steun. Die DA daarin teen besef dat dit onverantwoordelik sal wees teen oor kiessers om nie invloed in die implimentering van die plan te hê nie.

Die invloed kan as volg uiteen gesit word:

Die daarstelling van ‘n artikel 79 kommittee wat die ontwikkelings sal moniteer en sorg dat daar aan minimum standaarde voldoen word wat aanvaarbaar vir bestaande inwoners is.
Die kommittee word saam gestel uit Raadslede van alle partye, die Fryheids Front ingesluit.
Wyksraadslede waar die ontwikkelings plaas vind, vorm ook deel van die kommittee as ex officio lede.
Wykskommittee lede asook voorsitters van inwonersverenigings moet ook sitting op die kommittee hê.

Bevindinge van die kommittee word met elke Raadsitting aan die Raad voorgelê. Die DA is van mening dat ons op hierdie wyse vrese van bestaande inwoners kan aanspreek deur te sorg dat die voorgestelde ontwikkelings nie afbreuk sal doen aan bestaande woonbuurtes nie.

Dit is nie ‘n opsie om die Noorde van die stad vir hierdie doel te ontwikkel nie. Dit sal te duur wees en dit is ook nie ‘n volhoubare proses nie.