Wednesday, 24 September 2008

VF+ Leuns oor straatnaam veranderinge

Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend op RSG moes hoor dat die DA, wie ek op hierdie forum verteenwoordig, ten gunste is van die voorgestelde naamsveranderinge. Wat die saak vererger het is dat dit uit die mond van 'n mede-lid ( Mnr. Conrad Beyers VF+ verteenwoordiger) van die APS gekom het.

Die DA is uiters teleurgesteld in die VF+ se ongegronde aatuigings, dit is van alle waarheid ontbloot. Die DA koukus vergader vanmiddag en ons as party se strategie en aksies ten opsigte van die naamsveranderingskwessie sal bespreek word. Soos oorspronklik ooreengekom sal ek die APS inlig wat ons beplan en organisasies kan besluit of hul daaraan wil deelneem of nie.

Ek was onder die indruk dat die proses nie as 'n politieke speelbal gebruik sal word nie, indien die VF+ nie 'n publieke verskoning aanbied nie, sal die DA ongelukkig nie verder deel van die forum kan wees nie, uitsprake soos die is ongevraagd en stel die samehorigheidsgevoel van die gemeenskap in gevaar.

Thursday, 18 September 2008

Artikel in Beeld "Veiligheidsbuurte"

‘ANC nie teen veiligheidsbuurte’Sep 17 2008 09:10:58:027PM - (SA)

Cobus Claassen
Die Tshwane-metroraad het gister sewe gemeenskappe in Pretoria goedkeuring gegee om toegangsbeheer toe te pas.
Dít ondanks die ANC-beheerde raad se standpunt dat veiligheidsbuurte nie noodwendig ’n doeltreffende manier is om misdaad hok te slaan nie.
Aansoeke om toegangsbeheerstrukture aan te bring, is weens dié standpunt sedert 2005 met reëlmaat afgekeur of lank laat sloer.
Die sewe buurte – Claudius (Laudium), Waterkloofrif, Waterkloof Heights , Lynnwood Glen, ’n deel van Lynnwood (Farmer’s Folly en Ringstraat), Moreleta Kloof Estate en Lynnwood Manor – se aansoeke is in 2005 afgekeur. Dié inwoners het kort daarna teen die besluit geappelleer.
Die raad se appèlkomitee het die aansoeke gister, onderworpe aan sekere “administratiewe voorwaardes”, die groen lig gegee.
Dié komitee heroorweeg aansoeke wanneer die publiek teen besluite van die raad se stadsbeplanningskomitee appelleer.
Mnr. Jackie Masemola, ANC-voorsitter van die komitee, het gesê die besluit behoort nie ’n verrassing te wees nie.
“Die ANC is nie gekant teen veiligheidsbuurte nie. Die inwoners het teen ’n besluit geappelleer, hul huiswerk daarna deeglik gedoen en dit is goedgekeur.
“As jy die nodige prosesse volg en daar is verdienste in jou aansoek, sal dit goedgekeur word.”
Volgens Masemola was al die raad se departemente wat bydraes moes lewer, tevrede.
Hy wou nie sê waarom die buurte se aansoeke in die eerste plek in 2005 afgekeur is nie.
Masemola het bevestig die komitee sal eersdaags ook ses ander voornemende veiligheidsbuurte se appèlaansoeke heroorweeg.
Die DA het gesê die “gunstige uitspraak” is bereik ná “ongewone konsensus” tussen politieke partye (in die komitee).
Prof. Duncan Baker, DA-raadslid, sê die besluit het verreikende implikasie van.
“Dit baan die weg dat toekomstige aansoeke op verdienste oorweeg sal word met inagneming van die gemeenskap se belange.”
Mnr. Conrad Beyers, VF+-komiteelid, het gesê dié party is verheug oor die besluit.
Hy het dit as ’n “reuse-oorwinning vir wetsgehoorsame inwoners wat hulself wil beveilig” bestempel.
“Dit is die einde van dié inwoners se lang geveg om hulle teen die golf van gewelddadige misdadigers in die stad te beskerm.
“Die inwoners het nooit opgehou om hul reg tot veiligheid te eis nie. Dit is net hartseer dat so baie mense onder erge misdaad deurgeloop het en tot met hul lewens moes betaal weens die raad se halsstarrigheid.”

Good news for gated communities

Good News! – the seven appeals heard by the appeals committee of the Tshwane Council on 20 August 2008 has ALL BEEN APPROVED! These include the following areas:

a. Ganges and Maxwell Roads in Claudius
b. Ridgeview, Brosdoring, Wildebeest, Rooibok and Louis in Waterkloof Ridge x2
c. Korannaberg, Nondela, Driekoppen, Pigg’s Peak in Waterkloof Heights x3
d. Alcade, Blanton , Delaware , Elveram, Floresta, Iilky and Impy in Lynnwood Glen
e. Farmers Folley and The Ring in Lynnwood
f. Rutgers, Verdi, Kariega, Kango, Kasuka, Suzette, and rest in Moreletta Kloof Estate
g. Darlington, Charbury, Constable and Lindfield Roads in Lynnwood Manor

These areas will receive their letters with guidelines from Council in due course. Council will now advertise for comments and will let us know when the other 6 of the 13 on appeal will be heard.

DA representatives on the Appeals Committee are: Adv. Kate Prinsloo, Mr. Lot Mothabedi, Prof. Duncan Baker and Mr. Janho Engelbrecht.