Wednesday, 24 September 2008

VF+ Leuns oor straatnaam veranderinge

Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend op RSG moes hoor dat die DA, wie ek op hierdie forum verteenwoordig, ten gunste is van die voorgestelde naamsveranderinge. Wat die saak vererger het is dat dit uit die mond van 'n mede-lid ( Mnr. Conrad Beyers VF+ verteenwoordiger) van die APS gekom het.

Die DA is uiters teleurgesteld in die VF+ se ongegronde aatuigings, dit is van alle waarheid ontbloot. Die DA koukus vergader vanmiddag en ons as party se strategie en aksies ten opsigte van die naamsveranderingskwessie sal bespreek word. Soos oorspronklik ooreengekom sal ek die APS inlig wat ons beplan en organisasies kan besluit of hul daaraan wil deelneem of nie.

Ek was onder die indruk dat die proses nie as 'n politieke speelbal gebruik sal word nie, indien die VF+ nie 'n publieke verskoning aanbied nie, sal die DA ongelukkig nie verder deel van die forum kan wees nie, uitsprake soos die is ongevraagd en stel die samehorigheidsgevoel van die gemeenskap in gevaar.

No comments: